ISBN: 9780624094302 | Published: July 3, 2025 | Soft Cover
Op die Spoorweg
Op die Spoorweg
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Kom reis saam deur Suid- Afrika se ryk spoorerfenis, van die luukse presidensiële Wit Trein met sy gestyfde wit tafeldocke tot die goederetreine wat ons ekonomiese lewensbloed was.
In Op die spoorweg vertel David Williams die storie van die mees uitgebreide spoornetwerk in Afrika en vul dit aan met staaltjies uit sy eie ervaring as spoorwegkind, kelner en lewenslange treingeesdriftige. Hy vertel van spoorwegdorpe, en van sy kinderjare in Estcourt, waar die gefluit van verbygaande treine en die magtige stoomlokomotiewe daagliks deel van sy lewe was.
Ons spoornetwerk, met sy ingenieurswondere wat telkens uitdagende terrein oorwin het, was jare lank die trots van die vasteland en die land se grootste werkgewer. Tog draai Williams nie doekies om oor problematiese aspekte van hierdie nalatenskap nie, soos rassediskriminasie tydens apartheid, die verval tydens staatskaping en wanbestuur in onlangse jare. Die toekoms van dié noodsaaklike onderdeel van ons land se ekonomiese sukses bly onseker.
Boeiend, nostalgies en vol van die kleur en geur van die spoorweë.
Author David Williams
Share
