ISBN: 9780624094326 | Published: March 18, 2026 | Soft Cover
Aan die hemeltrans
Aan die hemeltrans
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint William, Beskermheilige van die Metaversum.
Dapper de Wet, roosteler, gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is. Die klooster, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks 'n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir oorlewing. Maar JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het onverklaarbaar verdwyn en Dapper is desperaat om hom op te spoor.
Die moederowerste is ontwykend, die personeel onbehulpsaam en Broeder P, die newelagtige leier van die klooster, is ontoeganklik. Om sy lewe verder te kompliseer moet Dapper boonop chaperone speel vir 'n beeldskone onderwyser wat met ernstige vraagstukke worstel en vir wie hy gevoelens ontwikkel het wat dreig om sy ewewig te laat kantel.
'n Verbeeldingryke, onthutsende roman wat die leser sal wegvoer na 'n ander - dog totaal geloofwaardige! - wêreld.
Author Anton Roodt
Share
