ISBN: 9780624094517 | Published: July 20, 2023 | Paperback
Die binneland in
Die binneland in
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
“Ek gaan sit alleen op een van die banke. In die halfskemerte van 'n kerkgebou kom jy makliker by die halfskemer plekke in jouself uit. Hier besef jy dat jou siel oud is, so oud soos die sterre self… Dan ry ek stadig weer deur die slaggate terug na die N4 “
Dana Snyman reis landin, op soek na sekerheid en lig. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.
In DIE BINNELAND IN verken hy veral geloof, van sy eerste bekering by 'n avontuurkamp tydens sy laerskooldae tot waar hy 'n kers aansteek in 'n Franse katedraal.
Dana rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton, Gerrie “Bomber” Coetzee, en oom Pieta de Jager.
Daar is ook reünies - van matriekklasse tot ou skoolvriende en die Bok-span wat in 1981 teen die All Blacks gaan speel het. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou, en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het.
Hy trek sy ma se Kook en geniet met sy vergeelde kleefbandstrokies nader.
Hier ná 60 leer Dana met onsekerheid saamleef. Nie 'n moedelose, desperate onsekerheid nie, maar 'n hoopvolle onsekerheid. Want die heelal is deurdrenk met die Groot Misterie.
Author Dana Snyman
Share
