ISBN: 9780624094715 | Published: April 19, 2024 | Soft Cover
Portchie Van Tweeling tot Trafalgar Square
Portchie Van Tweeling tot Trafalgar Square
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die kleurvolle skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Met sy verbysterende sukses kan daar met reg na Portchie verwys word as 'n grensverskuiwende kunstenaar, maar langs die pad was daar oorgenoeg bitterbekke, skerp tonge en suur druiwe. Ten spyte van sommige se kritiek, het hierdie veelvlakkige persona 'n eenvoudige resep wat aanhou om kunsliefhebbers- en versamelaars te betower. Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square, wat die persoonlike met die kreatiewe versoen, kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto's, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met 'n tikkie flair. Portchie se verhaal is een van hoop, van liefde en deernis, en van treffende eenvoud.
Author Portchie
Share
