Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624095149 | Published: February 3, 2025 | Paperback

Landuit want jy wil mos

Landuit want jy wil mos

Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'Buiten my LSD (“look, see, decide”) trippie Perth toe, was die trek Nieu-Seeland toe my eerste oorsese reis, en dit nogal met 'n enkelkaartjie. Ons vlieg eers Singapoer toe, en van daar na Auckland. Bernard is ses, Anna is agttien maande. Ek het nie 'n enkele sleutel nie, want ek het niks wat kan sluit nie. Uiteindelik is ons almal in die hotelkamer in Nieu-Seeland - pa en ma, oop tasse en oorstuurde kinders. Donderdag 13 Augustus 1998. Dag een.'

Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi's te word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou snik snags in haar kussing.

Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou. Landuit is die eerlike verhaal - soms hartseer, soms skreeusnaaks - van ʼn migrasie wat nie altyd volgens plan verloop nie.

View full details