Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624095200 | Published: April 7, 2026 | Soft Cover

Op die spoor van die Stasiemoordenaar

Op die spoor van die Stasiemoordenaar

Regular price R 297
Regular price R 330 Sale price R 297
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in sy greep gehou. Van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns spoorloos en die gemeenskap leef in vrees. Sommige van die seuns se liggame word later gevind, begrawe in vlak grafte in bosse en sandduine, met hulle hande agter hul rûe gebind. Meeste van die misdade is egter nooit opgelos nie en talle ouers soek steeds na die waarheid.

Norman Simons, 'n laerskoolonderwyser, is in hegtenis geneem, maar is in 1995 slegs skuldig bevind aan een van die moorde. Ná 28 jaar van gevangenisstraf is Simons op parool vrygelaat in 2023, met talle onbeantwoorde vrae. Waarom het ooggetuies destyds 'n ander man beskryf? Aan wie behoort die DNA wat op tonele gevind is?

Die gesoute joernalis en skrywer, Julian Jansen, volg die spoor van die Stasiemoordenaar en ondersoek hierdie donker raaisel wat steeds by die families en gemeenskap spook.

Author Julian Jansen

View full details