Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624095231 | Published: March 3, 2026 | Soft Cover

Biltong en Dior

Biltong en Dior

Regular price R 288
Regular price R 320 Sale price R 288
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Avonture van 'n Afrikaanse Fransman

As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in 'n ensiklopie in sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat hy 'n château in die Franse platteland sou besit.

Louis se liefde vir alles wat Frans is, is so aansteeklik dat 'n rits ander Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar ook blyplekke in die Boussac-omgewing gekoop het. In Biltong en Dior deel hy kostelike vertellings oor hoe inkommers in 'n vreemde land met 'n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes moet oorleef.

Hulle tel baie op oor Franse styl en kultuur, maar die Franse leer ook iets oor Suid-Afrikaners se onblusbare ondernemingsgees en gasvryheid. Sy stories word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis, taal en kultuur.

Uiteindelik gee hierdie Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde hom ook 'n nuwe waardering vir dit wat hom uniek en trots Suid-Afrikaans maak.

View full details