Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624095538 | Published: September 16, 2024 | Paperback

Het van Verlangekraal

Het van Verlangekraal

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy was een van baie siele wat onder Floors Heiberg se verroeste bywonersdak gewoon het. Vanuit die uiterste omstandighede het sy steeds daarin geslaag om op akademiese en sportgebied te presteer. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen 'n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.

Hierdie herbesoek aan die geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.

Hiermee dan ook Het se storie teen die agtergrond van 'n tyd toe Suid-Afrika 'n republiek sou word en groot veranderings sou plaasvind. En hoe 'n versiende onderwyser, 'n sadistiese skoolhoof en 'n seun in 'n spesiale skool haar net meer vasbeslote gemaak het om die leer na sukses te klim.

View full details