ISBN: 9780624095569 | Published: June 12, 2025 |
Donkermaan
Donkermaan
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
1991. Israel is weerloos teen Hezbollah se nuwe langafstand-missiele.
Die land se enigste hoop is die revolusionêre Fynkyk, geheime radarversteuringstegnologie uit Suid-Afrika.
Daar is net een probleem : dis nie te koop nie.
Mossad se Saul Grossman het enkele weke om 'n infiltrasie-agent op te lei wat die tegnologie kan steel.
Met 'n briljante maar onwillige rekruut, haar tragiese verlede nommerpas vir die operasie.
Die kandidaat : Ruth Heyns, ingenieurswese-student. Half Suid-Afrikaans, voltydse wiskundegenie.
Haar teiken : Stefan Reyneke, Fynkyk se menssku stelselingenieur en Stellenbosch-boorling.
Die opposisie : Suid-Afrikaanse teenspioenasie-agent Gunther Eckhardt, wie se hardnekkige ondersoek aangevuur word deur 'n groeiende agterdog oor die beeldskone student.
Agter alles lê die meesterlike manipulasie van Grossman se Mossad-mentor, Eli Reuven, om die operasie op koers te hou terwyl Ruth worstel met toenemend konflikterende gevoelens.
Author Jaco Wolmarans
Share
