ISBN: 9780624095729 | Published: February 3, 2025 | Paperback
Is jy orraait, Elizabeth?
Is jy orraait, Elizabeth?
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Is jy orraait, Elizabeth? is die verhaal van drie uiteenlopende vroue wat elkeen pynlike ervarings beleef maar deur hul vriendskap gedra word.
Elizabeth se lewe is nou vervleg met haar man se praktyk waar sy daagliks met broosheid te doen kry. Sy sukkel aanvanklik om te aanvaar dat hulle 'n seun met Downsindroom het. Mettertyd draai haar bestaan al meer om hom. Sy leer by hom die betekenis van liefde, al word sy daagliks gekonfronteer met uitdagings waarvoor sy nie opgewasse voel nie.
Ada, 'n oorwerkte onderwyseres, en die voorkomsbewuste Mirna worstel met hulle eie persoonlike gesinskwessies. Van 'n dogter met 'n eetstoornis en angsaanvalle tot huweliksontrou.
Is jy orraait, Elizabeth? is 'n getuienis van menslike krag, kwesbaarheid en die vermoë om lief te hê, ondanks uitdagings. Dit is 'n roman wat diepgaande ervarings en die verwikkeldheid van verhoudings ondersoek.
Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die lewe so goed soos 'n opregte vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.
Author Rozaan de Wet Boer
Share
