Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624096047 | Published: July 20, 2026 | Paperback

Los bietjie plek vir magic

Los bietjie plek vir magic

Regular price R 220
Regular price Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch as soon as the book is published on

Nairobi is haar skool se hoofmeisie en haar lewe is agtermekaar—of so lyk dit vir almal wat haar ken. Sy het doenlysies en sit nooit 'n voet verkeerd nie.
Maar dit is juis haar obsessie met beheer wat maak dat haar kêrel haar op haar agtiende verjaardag, voor almal by die skool, afsê.
Haar ma gee vir haar haar oorlede tannie se hangertjie as geskenk. Nadine, haar ma se suster, het in haar agtiende lewensjaar spoorloos verdwyn, en hierdie verlies hang soos 'n donker skadu oor Nairobi se ma en ouma—eintlik oor die hele gesin.
Wanneer Nairobi die hangertjie aansit, verskyn haar tannie in haar kamer. Sy raak gaandeweg 'n gerusstellende aanwesigheid vir Nairobi, totdat Nairobi besef dat sy kan help om antwoorde te kry oor wat in haar tannie se laaste ure gebeur het.
As sy die raaisel kan ontrafel, kan sy dalk haar gesin help heelmaak—en haarself bevry van die beheer wat haar ouers oor haar uitoefen, en wat sy self aangeleer het.

View full details