ISBN: 9780624096337 | Published: May 1, 2026 | Paperback
Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie
Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
BOEK 1: BOBBOB, DIE ROBO-MEERKAT EN DIE KALAHARI-KLOUTJIE (Nood-Kaap)
Wanneer 'n geheimsinnige ruimtetuig onverwags in die Kalahari neerstort, ontdek Trooi en haar boetie Am-Am iets wat hulle verstom laat staan - 'n wonderlike, pratende robo-meerkat met 'n groot probleem. Ontmoet vir BOBBOB! Hy is van ʼn ander planeet waar skreeusnaakse dinge gebeur en moet ten alle koste sy nege ploemplafstene terugvind.
Drie nuwe vriende. Een mal avontuur gelaai met spanning en humor.
Maar diep in die Kalahari, onder 'n hemel vol sterre, leer Trooi, Am-Am én die robo-meerkat iets wat geen boek hulle kon leer nie - oor vriendskap, dapper wees, en regtig omgee vir mekaar.
Sal BOBBOB betyds vind waarna hy soek?
En wat gebeur wanneer 'n robot soos 'n regte vriend begin voel?
Share
