Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624096344 | Published: May 1, 2026 | Paperback

Bobbob die robo-meerkat en die rebelse rugbybal

Bobbob die robo-meerkat en die rebelse rugbybal

Author:Bobbob
Illustrator:Bernard de Jager
Regular price R 167
Regular price R 185 Sale price R 167
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

BOEK 2: BOBBOB, DIE ROBO-MEERKAT EN DIE REBELSE RUGYBAL (Gauteng)
In die skadu van pers jakarandas en op die rugbyvelde van Pretoria, maak ons kennis met twee nuwe maats: De Wet en Tumi.
Tumi is blitsvinnig, maar daar is net een probleem . . . hy kan nie die bal raakvang nie. En met spanproewe by Loftus Versfeld om die draai, word die druk al groter.
Wanneer BOBBOB weer opdaag met nóg 'n geheimsinnige ploemplafsteen, neem dinge 'n verrassende wending. Skielik gaan dit nie net oor rugby nie, maar ook oor frustrasie, moed en om in jouself te glo - selfs wanneer almal om jou twyfel.
Ons lag saam met Biltong die maskot en 'n oorbeskermende ma wat seker maak dat die avontuur nooit vervelig raak nie. Tussen 'n rebelse rugbybal wat spring waar hy wil, 'n gevaarlike rit wat handuit ruk en 'n boelie wat dalk meer as net moeilikheid bring, ontdek Tumi dat ware krag nie net in spoed lê nie . . . maar in deursettingsvermoë.
Sal Tumi die bal kan raakvang?
Sal hy die span haal?
En wat gebeur wanneer 'n robot begin verstaan hoe menslike emosies regtig werk?

Author Marion Erskine

Author Heléne de Clercq

Author Bobbob

Illustrator Bernard de Jager

View full details