ISBN: 9780624096375 | Published: January 30, 2026 | Soft Cover
Vier seisoene kind
Vier seisoene kind
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'Weduwee' is 'n verdrietige woord, 'n toestand waarmee Cato haar met moeite vereenselwig. Maar hier waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man, Neil, is dood, 'n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is; ook Marcus en Helen is net om die draai in Kaapstad. Haar ondersteuningsnetwerk.
Of dit 'n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet Cato nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van 'n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek 'n bang vreemdeling gevind.
Op Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en sy wens nou dis net 'n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie ...
In Met ander woorde het die karakter Cato reeds diep in lesers se harte gekruip. In Wilna Adriaanse se opvolgroman Vier seisoene kind word sy op die voorgrond geplaas.
Author Wilna Adriaanse
Share
