ISBN: 9780624096382 | Published: June 3, 2026 | Paperback
Die avonture van Wilde Willemientjie
Die avonture van Wilde Willemientjie
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
'n Bundel met die 6 Wilde Willemientjie-avonture wat oorspronklik in 2 afsonderlike boeke (2006 en 2009) verskyn het. Hierdie uitbundige, selfs woeste prenteboeke sleur jong lesers mee. Riana Scheepers se rymvernuf en Vian Oelofsen se illustrasies laat dié baba, wat nie om dowe neute Wilde Willemientjie heet nie, in volkleur lewe kry. Sy is wild!
Voor die verskyning van haar eerste tand is Willemientjie se wildheid wêreldbekend en is sy haar oupa se oogappel. Nie net het haar ouers g'n raad met haar nie, ook skurke en jagters laat sy les opsê.
Met al die diere van die diereryk wat sy om haar pinkie kan draai, reis sy deur die wêreld: na die Kalahari, die Tsitsikamma-woud en Paternoster en, les bes, ook die maan! En so tussen die klappe wat sy en die diere aan booswigte toedien, sorg hulle vir een groot makietie.
Author Riana Scheepers
Illustrator Vian Oelofsen
Share
