ISBN: 9780624096429 | Published: November 20, 2026 | Paperback
Een vir een
Een vir een
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
’n Hittegolf verswelg die Kaap en gemoedere loop hoog.
Misdaadverslaggever Ami Prinsloo is na die Kaapstadse nuuskantoor verban nadat sy kwansuis drooggemaak het in Gauteng. Hier moet sy haarself van voor af bewys – veral aan die onverbiddelike redakteur, Greta Fischer. Wanneer jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer Ami nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie toe ’n vuisgeveg skrikwekkende gevolge het.
’n Veertienjarige seun verloor sy pa. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook. Sy kan nie onbetrokke bly nie, al jaag dit sersant Lukas van Onselen die harnas in en al waarsku Fischer haar om nie haar eie kop te volg nie. Soos die gevolge van hierdie één insident uitkring, besef Ami net weer: Geen misdaad bestaan ooit in isolasie nie. En dan begin die domino’s een vir een val . . .
Author Irma Venter
Share
