Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624096580 | Published: August 14, 2026 | Paperback

Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie

Bobbob die robo-meerkat en die brandbekbobotie

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Illustrator:Bernard de Jager
Regular price R 148
Regular price R 185 Sale price R 148
Out of print
VAT included.

Terwyl Ali, Mieke en Lena lourierblare teen Tafelberg se hange soek, kom hulle op ʼn gloeiende oranje klippie af. Nooit sou hulle kon raai tot watter kaskenades dit sou lei nie.

Daar hoog bo Kaapstad ontmoet hulle vir BOBBOB, en so begin ʼn opwindende avontuur deur die Moederstad. Tussen klippies, blomme en speserye ontdek BOBBOB nóg vreemde gewoontes van die aardbewoners.

Maar dan is daar 'n glipsie in die Bo-Kaap . . . iets wat met enige robot kan gebeur. En hulle sit met 'n baksel bobotie wat warmer is as ʼn kaboem-krater!

BOBBOB en die kinders is vasgevang in ʼn vuurwarm brandbekkompetisie wat lesers se oë gaan laat traan van die lag.

View full details