ISBN: 9780624096672 | Published: January 12, 2027 | Paperback , Fiction
Die wewenaar se vrou
Die wewenaar se vrou
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Hardus Etsebeth is ’n slagoffer van die weggooikultuur.
Met ’n leë bankrekening en geknoude ego sonder hy hom af op die dorpie in die Olifantsriviervallei wat hy een keer as kind besoek het.
Die afgeleefde ou huis moet net ’n dak oor sy kop wees. Dit word ongelukkig soveel méér. Dit is hier waar sy oom Gerrie gesterf het. Die oom van wie se geskiedenis Hardus te min weet. Die oom wat die moeilike Koba hierheen gebring het. Die oom wat net soos hý gelyk het . . . Kort voor lank is dinge op Botmasdorp aan die gebeur – dinge sonder ’n logiese verduideliking. ’n Moord laat vrae oor die nuwe aankomeling ontstaan. Maar Hardus het sy eie vrae, oor die vreemde verskynsels wat hy by Mullerstraat 5 beleef en die toenemende gewaarwording dat hy nie alleen in die huis is nie.
Wanneer sy eks en haar broer uit die stad kom om hom te besoek – en inmeng met die teenwoordigheid in die huis se planne – is niemand meer veilig nie.
Author François Bloemhof
Share
