Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624096849 | Published: October 9, 2026 | Paperback

Diereriem

Diereriem

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 296
Regular price R 370 Sale price R 296
Out of print
VAT included.

Tydens hul studentejare word drie Stellenbosch-studente gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem”: Jannie Benade, later bekend as Alfa, wat tot skatryk internasionale speler ontwikkel, Carl Goedhals, gladde Karooseun-Casanova, en die introvert Antonie Vermeulen, kodenaam Muskeljaatkat.

’n Kampustragedie verbind die drie onlosmaaklik aan mekaar. Dis die verhaal van Muskeljaatkat, wat ’n hoogs geheime, grillerige opdrag vir Alfa moet uitvoer. Muskeljaatkat is emosioneel geknak deur sy vrou, Samantha, se dood, en hy is hopeloos verlief op die briljante Cambridge-navorser Mei Hui.

Sy lojaliteit aan haar, asook Alfa se agendas, dryf hom voort van Zimbabwe na Portugal, van Malta na Italië, van Frankryk na Turkye, stuur af op ’n verrassende openbaring op die eiland Prinkipo en sluit af in Istanboel.

’n Pakkende literêre spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal, reisverhaal én biegroman, Diereriem is ’n grootse werk, ’n verrassende wending in Van Heerden se reeds breë oeuvre.

View full details