Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624097051 | Published: September 10, 2026 | Soft Cover

Roelf Meyer

Roelf Meyer

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 315
Regular price R 350 Sale price R 315
Out of print
VAT included.

Van die dag wat hy die studentepolitiek betree het, was Roelf Meyer se paadjie uitgekap. Dit was die laat 1960’s en die hoogbloei van Afrikanernasionalisme. In 1979 word hy lid van die parlement vir die Nasionale Party (NP) en teen die middel 1980's was hy in die party se binnekring. As adjunkminister van Wet en Orde besoek hy egter talle plakkerskampe en beleef die lewensomstandighede van swart mense en sy geloof in die beleid van apartheid begin wankel.

Toe hy as hoofonderhandelaar van die NP in die Kodesa-onderhandelinge aangestel is, het Meyer reeds geweet verandering is nodig. Sy memoir bied ’n aangrypende blik op die persoonlikhede en kragte wat die oorgang bepaal het. In kernmomente was dit sy spesiale verhouding met Cyril Ramaphosa, hoofonderhandelaar van die ANC, wat die knoop deurhak.

Hy vertel oor hul band, wat 30 jaar later ’n rol speel in sy aanstelling as ambassadeur tot Amerika, en vra die vraag: Wat verg dit om skynbaar onversoenbare partye te laat saamwerk?

View full details