Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624097266 | Published: October 27, 2026 | Paperback

Swerwerskraal

Swerwerskraal

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 272
Regular price R 340 Sale price R 272
Out of print
VAT included.

Alida Mees is die jongste dogter uit ’n welvardende skeepsboufamilie in die Nederlandse hawestad Rotterdam. “Alida is ’n voorbeeldige, soet kindjie,” spog haar ma gereeld. “Hoe ironies, hoe hartverskeurend ironies dat Moeder só oor my gedink het,” sou sy jare later besef.

Wanneer ’n tragedie die oudste sussie, Ita, tref, verruil sy haar lewe as teaterkunstenaar in Haarlem vir dié van boervrou in Suid-Afrika. Die plaas Swerwerskraal in die Potgietersrust-distrik is skaapwêreld. Beeswêreld. Tabakwêreld. Harde wêreld. Alida, ook bekend as Kein, bekwaam haar as botanis en rits die wêreld vol op op haar pa se bote. En ook na Afrika. Na Swerwerskraal.

Dit is die verhaal van Ita en Kein – die oudste en die jongste van die vyf Mees-dogters – en hul liefdesverhouding met Afrika. Maar liefde het soms ook ’n keersy, een wat groot hartseer en verwydering kan bring . . . Swerwerskraal is ’n ware verhaal. Een wat ’n mens soms aan die keel beetkry en jou hart wil uitruk.

Author Keina Swart

View full details