ISBN: 9780624097426 | Published: November 13, 2026 | Paperback
Legkaart
Legkaart
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte bo die Brulwaterval naby Barberton verdwyn.
Haar liggaam is nooit gevind nie. Haar geheim ook nie. Nou nooi die uitgewer Olive Warrington ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het. Hul opdrag: skryf ’n verhaal wat die verdwyning oplos. Kaptein Beer Henning moet die skrywers met inligting oor polisieprosedures bystaan. Maar voordat die eerste kortverhaal voltooi kan word, tref verwoestende vloede die Laeveld. Die groep word van die buitewêreld afgesny en die rivier styg gevaarlik. Dan word ’n lyk ontdek. Wanneer nog sterftes volg, besef Beer een van die skrywers is bereid om herhaaldelik moord te pleeg.
Elkeen het iets om weg te steek. Elkeen het ’n motief. En iewers tussen legkaartstukkies skuil die moordenaar se identiteit. ’n Tonekrul-lekker knus whodunnit deur ’n immergewilde skrywer.
Author Leon van Nierop
Share
