Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624097501 | Published: January 19, 2027 | Paperback , Fiction

Bannelinge van Boegoesingel

Bannelinge van Boegoesingel

Estimated Shipping Widget will be displayed here!

Regular price R 261
Regular price R 290 Sale price R 261
Sale Out of print
VAT included.

Petronella Pretorius en haar mede-inwoners bly gelukkig saam in Boegoesingel. Maar die nuus dat hulle huise gesloop gaan word om plek te maak vir ’n nuwe snelweg, dompel hulle eensklaps in ’n tamaai krisis.

Boonop beplan die gewetenlose stadsbestuurder Doors Papenfus om hulle ’n minuskule bedraggie ter vergoeding aan te bied. Onder meer sal Petronella haar groot kombuis waar sy koeke vir inkomste bak moet prysgee, ’n jong buurman se rock-groep sal nie meer in sy motorhuis kan oefen nie, en ’n buurvrou sal haar agtertuin vol diere kwyt wees. Hoe nou gemaak met haar troetelvarkies, Ottertjie en Bottertjie? Petronella-hulle begin met koorsagtige versetoptredes.

Maar vir Papenfus is die projek se sukses uiters belangrik vir sy loopbaanvooruitsigte. Hy is vasbeslote dat die eienaars van die vyf “misrabele” rooibaksteenhuisies nie sy planne gaan ontspoor nie. Wanneer die stootskrapers dreigend naderkom, werp die bannelinge van Boegoesingel als in die stryd, met skreeusnaakse gevolge.

Author Rudie van Rensburg

View full details