ISBN: 9780627024375 | Published: January 3, 2000 | Paperback
`n Hele os vir ʼn ou broodmes
`n Hele os vir ʼn ou broodmes
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Sedert die eerste plase in 1657 aan vryburgers toegeken is, word die Afrikaner met die plaas en grond geassosieer. Hierdie boek ondersoek die verbintenis tussen wit setlaars en boerdery, en later tussen die Afrikaner, grond en die plaas. Die moontlike ontstaan van 'n Afrikaner-identiteit as gevolg van hierdie verbintenis word nagegaan. Die vraag word gevra wat van daardie identiteit sal word wanneer die nuwe Grondhervormingswet die grond van wit boere hertoegewys het. Kan 'identiteit' in die postmoderne era in elk geval nog absolute waarde hê? Die skrywer gebruik die Afrikaanse plaasroman as vertrekpunt, maar die boek bestaan nie uit konvensionele literêre ontledings nie. Die letterkunde word gelees as deel van die geskiedenis van Afrikanerbewuswording, en ook as medebepalend in die vorming daarvan.
Author Ampie Coetzee
Share
