Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780627025259 | Published: January 17, 2004 | Paperback

Swerfsange - Liedere van Basotho-Mynwerkers

Swerfsange - Liedere van Basotho-Mynwerkers

Author:M. Lenake
Regular price R 380
Regular price R 0 Sale price R 380
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die tradisie van die pryslied het in die afgelope paar jaar wyd bekend geraak. Hierdie bundle bevat 'n versameling liedere in hierdie genre, maar dis eiesoortig in die sin dat dit spesifiek deur Basotho-trekarbeiders geskep is en deur hulle uitgevoer word. Dit gee die leser 'n wye blik op die verskeurde wereld van hierdie swerwer-sangers. Aan die een kant is daar die ervarings van hul landelike wereld van herkoms. Daar is liriese beskrywings van die natuur en die vanselfsprekende intergrasie tussen die mens, die tasbare leefwereld en die magiese sfeer. Wanneer die sanger uit nood besluit om sy brood om die myne to gaan verdien, lei dit tot 'n ontwortelde swerwerbestaan gekenmerk deur vervreemding en identiteitsverlies. Die werker-sanger is iemand wat tussen twee werelde leef en nie werklik aan een van die twee behoort nie. Die sekerste van die twee, maar ook die ontredderendste, is die van die mynwerker. Hier word hy in werklikheid gereduseer tot 'n implement of 'n stuk gereedskap: 'Ek is die kruiptrekker van die myn, manne'; en 'My identiteit het aan my skopgraaf vasgegroei.' Die nuwe realiteit is die van die ontsetting van mynongelukke, die verbrokkeling van die huislike sfeer, die verlies van 'n geliefde weens ontrou.

Author M. Mokitimi

Author M. Lenake

Author C. Swanepoel

View full details