ISBN: 9780627025792 | Published: January 3, 2004 |
Afrikaans - lewende taal van miljoene
Afrikaans - lewende taal van miljoene
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die behoefte aan 'n publikasie soos die het voortgekom vanuit 'n besef van die omvang van die geknelde situasie waarin Afrikaans hom op die oomblik bevind as gevolg van die drastiese verkleining van sy gebruiksfeer. Van 'n taal wat byvoorbeeld 'n dekade gelede nog een van twee amptelike tale van die land was, met al die ontwikkelingsgeleenthede wat normaalweg tot 'n amptelike taal se beskikking is as gevolg van die blootstelling daarvan aan telkens nuwe situasies waarvoor nuwe terminologie en taalregisters geskep moet word, het dit een van die elf amptelike tale geword, 'n geselskap waarin hy hom prakties in 'n tweede liga saam met nege ander tale bevind ('die inheemses'), terwyl sy voormalige kollega, Engels ('die internasionale'), oor 'n liga van sy eie beskik, een waarin dit die leeueaandeel van die staatlike funksies behartig, met al die ontwikkelingsmoontlikhede wat daarmee gepaard gaan.
Author FIJ Van Rensburg
Share
