ISBN: 9780627035302 | Published: January 1, 2016 | Paperback
baie worde - Identiteit en transformasie by Antjie Krog
baie worde - Identiteit en transformasie by Antjie Krog
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In haar `transformasie-trilogie' bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van `ras' word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na 'n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika.
Jacomien van Niekerk karteer in `baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, `ras', identiteit, 'n Afrika-wereldbeeld' en die Suid-Afrikaanse nasie-en maak as sodanig 'n bydrae tot aktuele diskoerse. Lof vir `baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog
Author Jacomien van Niekerk
Share
