Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780627036071 | Published: January 1, 2018 | Paperback

Die Wêreld van die Storie

Die Wêreld van die Storie

Regular price R 420
Regular price R 0 Sale price R 420
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Agter hierdie boek le die verwondering oor ons vermoe om stip na letters op papier te kyk en dan te ervaar dat ons 'n ander wereld betree. Hoe kry ons dit reg om na aanleiding van die woorde wat ons lees, nie alleen inligting te bekom nie, maar 'n hele wereld tot stand te verbeel en daarheen te reis? Wat is die rol van die teks hierin? Wat is die rol van die leser? Waarom doen ons dit? Hoe help 'n begrip van ons reise na storiewerelde om ons 'leefwereld' beter te verstaan? 'n Fokus op die werelde van stories maak dit moontlik om tekste krities binne hulle kontekste te lees, sonder om die spesifiekheid van elke teks te verwaarloos of om die betowering van storiewerelde te verloor. Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die outeur van talle navorsingsartikels in verskeie akademiese tydskrifte en was ook as redakteur by publikasies oor vooraanstaande Afrikaanse skrywers betrokke.

Author Willie Burger

View full details