ISBN: 9780636179462 | Published: September 1, 2016 | Paperback
Perdekrag
Perdekrag
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Mense het dikwels probleme. Sommige probleme kan ons self oplos; vir ander het ons hulp nodig. In Perdekrag het Wilma, Binki en Lucky elkeen hulle eie probleme. Wilma, die eienaar van 'n perdryskool, het jare gelede die dood van 'n perd veroorsaak. Binki, 17, voel skuldig en skaam oor iets wat lank gelede gebeur het en is bitter teenoor haar ma. Lucky, ook 'n tiener, is vir 'n wrede daad met gemeenskapsdiens gestraf. Elkeen het die hulp van die ander nodig om bo hulle probleme uit te styg. Perdekrag is 'n drama oor skuld, aanvaarding en vergifnis: skuld teenoor weerlose diere, teenoor die gemeenskap, teenoor 'n medemens en teenoor jouself. Perdekrag handel ook oor mense wat mekaar se diepste gevoelens leer ken en mekaar aanvaar en vergewe - en vergifnis kry waar hulle dit die minste verwag. Ten slotte stel die drama die vraag teen die agtergrond van die spesiale en noue verbintenis tussen mense en hulle diere: is sagmoedigheid 'n swakheid of 'n krag?
Author Cecilia Du Toit
Share
