ISBN: 9780637000130 | Published: November 5, 2024 | Paperback
Haar Sprokiesprins 3 In 1
Haar Sprokiesprins 3 In 1
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Haar sprokiesprins:
Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy 'n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.
Alles begin met n soen:
Martiné hou van bont en vrolike uitrustings terwyl Stefan vervelige grys pakke dra. Hy sê sy is 'n hippie en sy meen weer hy is vervelig en verstok. Maar wanneer hy haar soen … is verveling glad nie ter sprake nie.
Liefdesafari:
Franci von Lelieveld is 'n CA en in haar lewe is daar vir alles 'n tyd en plek. Toe die wildbewaarder Gavin Michaels haar soen, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe verloor. Maar hulle gaan op mekaar moet staatmaak, want 'n skynhuwelik is hul voorland.
Share
