ISBN: 9780637000147 | Published: November 6, 2024 | Paperback
Ballerina En Die Lummel 3 In 1
Ballerina En Die Lummel 3 In 1
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
BALLERINA EN DIE LUMMEL:
Ballet is alles in Karmi Schoeman se lewe. Plek vir mans is daar nie, veral nie getroude mans met dwalende oë nie. Dat die lummel van ʼn Jaco Liebenberg haar interesseer, krap net haar planne deurmekaar.
DIE DIVA EN DIE DOKTER:
Van opera weet oor-, neus- en keelspesialis Justin Fincham bloedweinig, maar hy ken 'n mooi vrou wanneer hy een sien. En wanneer sy vra dat hy haar bystaan om van 'n lastige man ontslae te raak, kan hy niks anders as instem nie.
DIE KEER EN VIR ALTYD:
As tiener het Isabeau slegs oë vir die buurseun Wouter gehad. Maar skielik is die ouer en wyser vriend van haar sus, Neil, weer op die dorp en sy kan net lag oor haar tienerverliefdeid van destyds. Dit wat sy vir Neil voel, is meer as net kalwerliefde.
Share
