Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637000796 | Published: March 30, 2023 | Paperback

Die Galilieërs

Die Galilieërs

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

In die stad Magdala, aan die oewers van die See van Galilea, woon ’n hegte gesin wat gerugte hoor van ’n nuwe profeet. Die Israeliete word toenemend deur die Romeine onderdruk en hulle dorpe en stede is onder beleg. Onskuldiges sterf en die Jode raak al hoe meer opstandig. Gerugte begin die rondte doen van ’n nuwe leier wat die volk gaan verlos van die Romeinse juk. Wie is hierdie nuwe profeet van wie almal praat? Die Jode in Magdala gaan hulle gang te midde van al hierdie onrustigheid. Ook húlle is bewus van die gerugte van ’n nuwe profeet en verlosser. Op soek na die waarheid, onderneem die vader van hierdie gesin en sy oudste seun ’n pelgrimstog na die Tempel in Jerusalem. Hierdie besluit hou egter verreikende gevolge vir die gesin in en hulle lewens word onherroeplik verander deur die onvoorsiene gebeure in Jerusalem …

Die verhaal is fiksie losweg gebaseer op gebeurtenisse in die Bybel met spesifiek Lukas 13:1 as uitgangspunt, naamlik die moord op die Galileërs en die nagevolge daarvan op die lede van ’n gewone hardwerkende gesin woonagtig in Magdala naby die See van Galilea.

Author Alexa Steyn

View full details