Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637001878 | Published: May 30, 2023 |

Siembamba Boekpak 5 in 1

Siembamba Boekpak 5 in 1

Illustrator:Alzette Prins
Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tararara boemdery”?
Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe sêgoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies.
Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. “Ek het hierdie boeke saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne een boekpak teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is 'n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.”
Hierdie is beslis 'n moet-hê-boekpak vir elke Afrikaanse gesin se boekrak.

Author Wendy Maartens

Illustrator Alzette Prins

View full details