Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637003179 | Published: May 26, 2026 | Soft Cover

Rebekka van Kameeldoornplaas

Rebekka van Kameeldoornplaas

Regular price R 315
Regular price R 350 Sale price R 315
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Tussen oorloë, tussen lande, tussen liefde.
Op elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderwagter vir ryk Engelse en is op 'n skip op pad Engeland toe.
Hier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe. Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk. En wanneer die boer se oudste seun kom kuier, ontdek sy 'n nuwe gloed wat rooiwarm deur haar lyf trek.
Wie is sy uiteindelik regtig? Bekkie, kaalvoet Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes? Of Rebecca, wêreldwyse jongmeisie van Oxford?
Irma Joubert neem die leser saam op 'n onweerstaanbare ontdekkingstog - nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.
Rebekka van Kameeldoornplaas is 'n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wíé jy is en waarheen jy op pad is.

Author Irma Joubert

View full details