Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637005784 | Published: August 20, 2024 | Paperback

Dames en Here

Dames en Here

Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Hiérdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir ALLES oor toesprake. “Dames en Here” is dié boek wat jou onder andere gaan help met die hoe en die wat van: redenaars (individueel en spanne), debatte (al die verskillende soorte), toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens., onderwerptontleding, die saamstel en skryf van 'n toespraak, die aanbied en lewering van 'n toespraak, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies en nog vele meer. Daar is wenke van streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika in sowel as wenke vir onderwysers oor hoe om 'n debat- of redenaarskompetisie te reël. 'n QR-kode gaan toegang gee tot wentoesprake.

DIE SKRYWERS
Dr. Elbie Adendorff is 'n dosent in Afrikaanse Taalverwerwing in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is 'n uiters ervare aanbieder van debat- en redenaarskursusse en beoordeel verskeie debats- en redenaarskompetisies al vir jare.
Lisinda de Jager behaal 'n LLB en LLM aan die Universiteits van Stellebosch. Sy sluit voltyds by SU se Studentesake in 2016 aan, terwyl sy tot einde 2020 nog by die SU Regsfakulteit doseer. Tans is sy voltyds by SU se Sentrum vir Studentelewe en leer. Sy is passievol oor studente en leierskapontwikkeling, is 'n kommunikasiespesialis en 'n mentor in redenaars en leierskapontwikkeling. Sy lei ook kollegas op in die kuns van openbare optrede. Sedert 2008 is sy 'n geakkrediteerde nasionale beoordelaar en deel van die ATKV se Uitvoerende Komitee vir Redenaars en Debatvoering. Sy bied gereeld werkswinkels en motiveringspraatjies by skole en leierskapsimposiums regoor die land aan.
Elize Steenkamp is 'n geakkrediteerde redenaars- en debatsbeoordelaar. Sy is die afgelope 20 jaar nou betrokke by elke aspek van redenaars, spesifiek met betrekking tot die skryf, afrigting, beoordeling, kompetisie-organisering, kursusaanbieding en inhoudskepping van kursusmateriaal. Elize staan uit as kenner op die gebied van spanredenaars en haar hoofstuk oor spanredenaars is van groot waarde.

View full details