ISBN: 9780637007412 | Published: May 2, 2025 | Paperback
Jakkals en Wolf 2 - Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels
Jakkals en Wolf 2 - Nog 6 stories van twee geliefde skarminkels
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Nou is daar 'n tweede bundel met nog meer opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels. In hierdie nuwe versameling van ses stories probeer Jakkals en Wolf steeds om mekaar uit te oorlê, maar bly steeds die beste maats. Beleef hoe hulle die uitdagings van die oorhangklip aanpak, ontdek hoe Wolf leer vlieg, en sien hoe hulle saamwerk om vir hul kos te werk. Lees hoe Wolf Jakkals se ryperd word, wat gebeur het toe hulle die taaiboswortel teëkom, en geniet die skreeusnaakse storie van Jakkals en Wolf en die speenvarkies. Hierdie nuwe bundel beloof om kinders weer te laat lag en te vermaak met die avonture en streke van Jakkals en Wolf.
Author Wendy Maartens
Illustrator Gerda Smit
Share
