Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637007573 | Published: March 26, 2026 | Paperback

Spienekelientjies: Taalmusiek vir kleintjies

Spienekelientjies: Taalmusiek vir kleintjies

Illustrator:Roelien Immelman
Illustrator:Willem Samuel
Illustrator:Diek Grobler
Regular price R 234
Regular price R 260 Sale price R 234
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'n Pragtige bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders bloot te stel aan die musiek van taal en die geskenk van 'n verdiepte woordeskat.

Daar is QR kodes in die boek wat jy kan skandeer sodat jy kan lees, leer en luister - na ou bekende versies soos “Trippe trappe trone”, asook 'n paar oorspronklike versies uit die pen van Antjie Krog.

Daarby is nuwe inheemse ryme uit tesisse en ou bronne aangevul met 'n hele paar van Mankepank asook die fynbos- en vetplantfeetjierympies.

Die boek bestaan uit vyf afdelings.
Die eerste is 'Trippe trappe trone', wat die ou klassieke ryme herberg,
Die Tweede, 'S staan vir superslim,' is waar ons die ABC leer en ook hoe om te tel, plus die kenmerke van talle plaaslike plante vind.
In die derde afdeling, 'Spienekelientjies', vind ons die byna waansinnig-obskure ryme, wat egter so lieflik is dat dit die hele dag in mens se kop draai.
In die vierde afdeling, 'Ons eie', is ryme ingebring wat uniek is aan ons land en taal,
terwyl die laaste afdeling, 'Help my!', vir bangmaak- en aangrypende momente sorg.

'n Moet-hê versameling vir elke huis!

Author Antjie Krog

Illustrator Roelien Immelman

Illustrator Willem Samuel

Illustrator Diek Grobler

View full details