Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637009003 | Published: March 26, 2026 | Paperback

Die Groot Storieboek Avontuur

Die Groot Storieboek Avontuur

Illustrator:Nadia du Plessis
Regular price R 176
Regular price R 195 Sale price R 176
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Vir boekwurm Talia is die skoolbiblioteek sowel haar gunstelingplek as 'n wegkruipplek van boelies. Maar alles verander toe die nuwe bibliotekaresse, juffrou Krummel, by die skool aankom. Juffrou Krummel is, sonder twyfel, die slegste bibliotekaresse in die hele wêreld: Sy vee haar hande aan boeke af en skryf haar inkopielyste in hulle, skeur boeke se bladsye uit om in haar hamster, Bingo, se hok te sit, en - die ergste van als - dit lyk nie of sy eens van boeke of stories hou nie. Talia, hoogs ontsteld oor hoe verskriklik juffrou Krummel die biblioteekboeke behandel, is vasbeslote om die boeke te red. So beraam sy en mede-boekwurms Mario en Zahraa saam 'n blink plan: 'n geheime biblioteek!

Hierdie boek is deel van die VRIENDELIKE BOEKE wat ontwerp is met spesiale tegnieke om lees makliker en lekkerder vir almal te maak, soos maklik leesbare lettertipes, spesiale papier, groter spasies en meer.

View full details