Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780637012713 | Published: May 26, 2026 | Paperback

Die fluisteraar

Die fluisteraar

Regular price R 198
Regular price R 220 Sale price R 198
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

LAPA se Jeugromankompetisie 2026. Naaswenner.

2075 - 'n Wêreld sonder hoop.
Oorlewing op die blou planeet is nie meer vanselfsprekend nie, maar dis al lewe wat Kato ken. Klimaatsverandering oor die laaste eeu het kataklismiese gevolge gehad en natuurrampe het lewe op die kontinente feitlik verwoes.
Op sy sewentiende verjaarsdag ontwaak iets in Kato waaroor hy geen beheer het nie.
'n Vermoë wat sy lewe handomkeer verander. Is dit moontlik dat sommige mense se DNS so nou met Moeder Natuur verweef is dat hulle verandering kan bring? 'n Redding kan wees?
Kato weier om te aanvaar dat hy deel van 'n moontlike oplossing is. Hy weier om die lewe wat hy ken op te gee vir 'n vermoë wat hy nie verstaan nie.
Maar hy word teen sy sin deur 'n reddingsorganisasie opgekommandeer en weggeneem na Sentraal Afrika. Daar moet hy en sy span die Ugandese woude red. Kato kom voor 'n keuse te staan: Aanvaar hy die verantwoordelikheid wat ongevraagd op sy skouers geplaas is of ontsnap hy van die malligheid? Hy weet wat hy moet doen...

View full details