ISBN: 9780638009736 | Published: November 30, 2025 | Hardcover
Die Bybel NLV Landskap Hardeband Stiltetydbybel vir Mans
Die Bybel NLV Landskap Hardeband Stiltetydbybel vir Mans
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Mans kom elke dag voor verskeie uitdagings te staan en vind dit dikwels moeilik om tyd saam met God deur te bring. Die Stiltetydbybel vir Mans is daarom ideaal vir mans wat in hulle geloof wil groei en in God se Woord geanker wil bly.
Die daaglikse indelings van die Ou en Nuwe Testament, saam met gedeeltes uit Psalms en Spreuke, nooi mans om die hele Bybel in 'n jaar deur te lees. Die oordenkings vir elke oggend en aand sal hulle bemoedig om hierdie Bybel jaar na jaar te lees terwyl hulle die Skrifwaarhede oor wysheid, verhoudings, werk, familie, geloof, gebed en persoonlike groei in hulle lewens toepas.
Hierdie Bybel is die perfekte metgesel vir jou daaglikse wandel met Christus, of jy nou 'n besige pa is, 'n hardwerkende sakeman of bloot jou verhouding met God wil verdiep. Begin vandag jou reis en leef in die volheid van God se genade en liefde!
Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling
Daaglikse leesgedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament, Psalms en Spreuke
730 inspirerende oordenkings spesiaal vir mans geskryf deur Mike Beaumont
Geskenk aan-bladsy
Merklint
10 punt lettergrootte in enkelkolom geset
Tweekleur-binnekant (Swart en bruin)
Author NLV
Share
