ISBN: 9780638009781 | Published: November 30, 2025 | Paperback
Die Bybel NLV Blougrys Kunsleer Stiltetydbybel vir Vroue
Die Bybel NLV Blougrys Kunsleer Stiltetydbybel vir Vroue
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Vroue moet dikwels baie rolle vervul en 'n fyn balans handhaaf tussen ma-wees, hul beroep en ook hul persoonlike behoeftes. Die Stiltetydbybel vir Vroue is daarom die ideale reisgenoot vir besige vroue en bied daaglikse wysheid, inspirasie en leiding.
Die daaglikse indelings van die Ou en Nuwe Testament, saam met gedeeltes uit Psalms en Spreuke, nooi vroue om die hele Bybel in 'n jaar deur te lees. Die oordenkings vir elke oggend en aand sal hulle bemoedig om hierdie Bybel jaar na jaar te lees terwyl hulle die Skrifwaarhede oor verhoudings, werk, familie, geloof, gebed en persoonlike groei in hulle lewens toepas.
Vertrek op 'n lewensveranderende reis deur die bladsye van Die Stiltetydbybel vir Vroue. Van besige oggende tot rustige aande, van die raadsaal tot die kombuis, hierdie Bybel is die perfekte metgesel vir jou daaglikse wandel met Christus.
Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling
Daaglikse leesgedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament, Psalms en Spreuke
730 inspirerende oordenkings spesiaal vir vroue geskryf deur Nancy Taylor
Geskenk aan-bladsy
Merklint
10 punt lettergrootte in enkelkolom geset
Tweekleur-binnekant (Swart en bessie)
Author NLV
Share
