ISBN: 9780639600079 | Published: June 11, 2020 | Paperback
Op soek na 'n held
Op soek na 'n held
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Sy aanbod is aantreklik, maar kan sy bekostig om haar hart ook te verloor?
Kiara, 'n suksesvolle skrywer van liefdesromans, se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onbetroubaar, haar persiese kat, Skat, stel haar gedurig in die verleentheid, en sy kry nie 'n held vir haar vurige heldin geskryf nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos 'n held, het die naam van 'n engel, maar vir Kiara is hy eerder 'n kruising tussen Attila die Hun en die duiwel self. Sy vermoed ook dat hy haar hipnotiseer. Hoekom anders sou sy sy werksaanbod aanvaar? Veral 'n aanbod wat heeltemal teen haar beginsels is …
Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Author Chanette Paul
Share
