ISBN: 9780639600093 | Published: June 11, 2020 | Paperback
`n Perfekte paartjie
`n Perfekte paartjie
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Twee harte, een storie ...
Philip Marais is suksesvol en besig, besig, besig. Tyd is geld en geld is belangrik as hy, anders as sy pa, na sy gesin wil omsien. Maar Nandi vra meer van hom - sy wil 'n pa vir Buks hê en 'n man se lyf langs hare in die dubbelbed. Tog sou sy nooit kon raai dat dit op 'n egskeiding sou uitloop nie. Soms moet 'n ma doen wat 'n ma moet doen, maak nie saak hoe impulsief dit is nie. Maar Philip het blykbaar aanbeweeg, want daar is 'n melktert in die yskas en 'n paar pers pantoffels met tossels onder sy bed.
Nandi wil nie hê Buks moet sonder sy pa grootword nie, en sy wil ook nie hê 'n ander vrou moet aan haar kant van die bed slaap nie. Sy sal 'n plan moet beraam om vir Phillip te wys dat hulle 'n perfekte paartjie is ...
Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Author Kristel Loots
Share
