ISBN: 9780639600116 | Published: June 11, 2020 | Paperback
`n Man vir Mia
`n Man vir Mia
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Hy is arrogant, onkonvensioneel, dodelik aantreklik en 'n rokjagter ...
Rob Kellerman trek vroue soos 'n magneet na hom toe aan. Almal sê dit gaan nog sy ondergang beteken. Boonop is hy suksesvol en skatryk. Hy maak sy eie reëls en toe hy besluit dat Mia Retief vir hom moet kom werk is dit 'n gedane saak. Mia is vasbeslote om nie vir hom te val nie. Maar dit is makliker gesê as gedaan aangesien sy daagliks in sy geselskap is. Haar uithouvermoë word elke minuut beproef, want Rob is 'n meester in die kuns om werk en plesier te meng.
Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Author Vita du Preez
Share
