ISBN: 9780639600796 | Published: July 30, 2020 | Paperback
Lea Lief apies: Grypdiewe en gevaar
Lea Lief apies: Grypdiewe en gevaar
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
'n Skooluitstappie soos min
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na 'n primaatskuiling toe om vir 'n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar 'n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet 'n kamer deel. Glad nie pret nie. Dan begin alles skeefloop: iemand het 'n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het begin die bos brand ...
Die storie het ʼn sterk ekologiese en omgewingsfokus en is geïnspireer deur en opgedra aan almal wat teen die veroestende brande in Australië geveg het in 2019.
Ander titels in die reeks:
Lea lief seeskilpaaie
Lea lief honde
Lea lief uile
Author Cecila Steyn
Illustrator Elanie Bieldt
Share
