ISBN: 9780639602189 | Published: March 11, 2021 | Paperback
Wat Werner doen met sy drie miljoen
Wat Werner doen met sy drie miljoen
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Wat sal jy doen as jy die LOTTO wen?
Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulself afvra een pouse. Soos die meeste graad 9 seuns, droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen 'n LOTTO-kaartjie te koop. Hulle vat vir Oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan speel hulle die LOTTO. Dan gebeur die onverwagte: hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?
Hierdie verhaal vertel 'n humoristiese storie oor vriendskap, waarmee almal wat al gewonder het “Wat sal ek doen as ek die LOTTO wen?” sal kan identifiseer. Dis ook 'n deernisvolle verhaal oor die band tussen 'n oupa en kleinseun, en hoe om die siekte van 'n oupa te verwerk.
Die boek het die toekenning van Beste Debuut verower by LAPA se Jeugromankompetisie 2019.
Author Tertius Janse van Rensburg
Share
