Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639602271 | Published: March 11, 2021 | Paperback

Ouma Mollie en die mensvreter

Ouma Mollie en die mensvreter

Illustrator:Johann Strauss
Regular price R 195
Regular price R 0 Sale price R 195
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

DIE LAASTE EEN IN DIE SEE IS 'N BOLLETJIE SNOT! roep ouma Mollie.
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem - die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos 'n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak, in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne voer. En ... Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur. Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar 'n HAAI in die water is. Oepsie! Die arme haai ...

Hierdie boek sal jou uit jou maag uit laat lag en jy sal dol wees op die kleurvolle illustrasies.

Author Fanie Viljoen

Illustrator Johann Strauss

View full details