Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639602288 | Published: March 11, 2021 | Paperback

Vat 5!

Vat 5!

Illustrator:Maja Sereda
Illustrator:Alzette Prins
Illustrator:Zinelda McDonald
Illustrator:Chris V
Regular price R 280
Regular price R 0 Sale price R 280
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'N VERSAMELING VAN VYF VAN DIE COOLSTE PRENTEBOEKE VOL MOSSIENESTE, KRULLEBOLLE EN PARMANTIGE HAASMOLES
Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:
HAASMOLES
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!
PARMANT
Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie en Vlakvark wil sy magie krap. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.
DIE COOLSTE OUMA OP AARDE
Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet 'n paar fantastiese oumas…Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Maar een ding is seker: 'n Regte, egte ouma is altyd hope pret!
KARLA KRULLEBOL
Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …
PRINSES MOSSIENES
Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit 'n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na 'n plek waar alles beter is … 'n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van 'n egskeiding te hanteer.

Author Jaco Jacobs

Author Leon de Villiers

Author Marita van der Vyver

Author Theresa van Baalen

Author Wendy Maartens

Illustrator Maja Sereda

Illustrator Alzette Prins

Illustrator Zinelda McDonald

Illustrator Chris V

View full details