Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780639604206 | Published: March 11, 2021 | Paperback

Op die maat van Maya

Op die maat van Maya

Author:ZZZ
Regular price R 69
Regular price R 230 Sale price R 69
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Liefde op die maat van die musiek ...
Toe Maya en Joe mekaar een aand by 'n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ... Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.
Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Op die maat van Maya is 'n pragtige liefdesverhaal, maar vertel ook 'n dieper storie oor die band tussen 'n meisie en haar ouers. Die verhaal sal beslis aanklank vind by musiekliefhebbers, asook almal wat van 'n ietjie liefde hou.
Die boek was op die kortlys van LAPA se Jeugromankompetisie 2019

Author Nerine Ahlers

Author Alet Steenkamp

Author ZZZ

View full details