ISBN: 9780639604565 | Published: May 11, 2021 | Paperback
Suidoosterdraak
Suidoosterdraak
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Storm! Storm! Reën ploeps teen die venster, wind pluk-pluk aan die deur. 'Kom ons gaan jag Suidoosterdrake,' sê Oupa. 'Pasop, drake. Hier kom ons!' Oupa en sy kleinkind gaan op 'n wilde en wonderlike avontuur af strand toe tydens 'n storm. Daar vind hulle draakvoetspore, draakjuwele en selfs 'n draakbaba, maar wat sal gebeur as hulle die rêrige Suidoosterdraak vind?
Hierdie prenteboek is 'n vreugdevolle viering van spel en verbeelding, ideaal om te deel en voor te lees vir 'n jonger gehoor. Dit is 'n heerlike avontuur van 'n oupa, sy kleinkind en hulle hond. Saam trotseer hulle 'n storm op die strand, stoei teen 'n wilde, woeste Kaapse Suidoosterwind wat woed oor 'n tipiese Suid-Afrikaanse turkoois see.
Author Dianne Hofmeyr
Illustrator Carol Thompson
Share
